Agter élke liewe draai
Sit die kinders en spaai.
Enige mure en deur
Kan húl oë nie keer.
Donderende kabaal
Kan tóg nie
Die ore áf van ons haal.
Met die oë van valke
En tonge van die vuur.
Spoeg hul
Vasgespalke,
Ons liefde teen ‘n muur.
Hulle sig ritsel in die blare.
Hulle gehoor spruit uit
Die wêreld se are.
Hulle tonge vloei met spoed van lig
Ons stand onthul met verterende gul.
Sal hoor en sien tog ooit vergaan
Of is die grootsheid van ons liefde uitgeput gedaan?
Die kernheid ingekeer na mekaar,
Sodat die gesig van die wêreld
Uiteindelik
Wég staar
(2000-07-27)
Francois Hoon
http://www.poemhunter.com/poem/kinders/