Jy is alles vir my en dit
leef ek...
alles of niks,
of so het ek geglo
maar die lewe loop sy
eie draaie
en niks gebeur soos
dit noodwendig moet
Nou het ons 'n bietjie
van alles...
'n bietjie leed,
'n bietjie smart
'n bietjie soen
'n bietjie vreugde in die hart
En ek loop die lewe se draaie
geduldig (soos ek maar moet)
en ek bid en ek hoop
dat eendag...
al hierdie bietjies van ons
saamwees
die som sal wees van
alles
YURI DURAAN
http://www.poemhunter.com/poem/z-n-bietjie-van-alles/