Surprise Me!

Loraine Lotter - Die Stad

2014-06-16 19 Dailymotion

Die stad is vuil, die lug is vaal
Gebreekte glasstukke en gevaarlike splinters
Verlore kinders wat in donkerte dwaal
Bewegende liggame wat nêrens inpas

Klein opgeknopte huisies
geen krag of skoon water
'n Lied met vals wysies
stoor gelukkigheid vir later

Die toekoms lyk maar bitter dof
slapelose nagte, gewete wat pla
lewe gaan maar vreeslik rof
alles is verby, geen vrae om te vra.

Wat ander mense van die plek dink
'gemors en lae klas, kyk verby die feite'
maar hoe klink die wysie regtig?
Die wêreld is gevaarliker daar buite

Wat gaan nog van hierdie plek word?
Dit sal niemand kan sê
Hou in jou emosies, geen trane word gestort
Die stad in die Here se hande neerg

Loraine Lotter

http://www.poemhunter.com/poem/die-stad/